Ou Testament

Nuwe Testament

Havakkuk 2:11-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Die steen sal sekerlik uitroep van die muur af en die balk sal dit antwoord vanaf die raamwerk.

12. Wee hom wat ’n stad bou met bloedvergieting en ’n dorp vestig deur geweld!

13. Is dit nie inderdaad vanafיהוה-Tzva’ot dat volke hard werk vir vuur en nasies hulle vermoei vir niks nie?

14. Die aarde sal vol word met die kennis van die lof en eer van יהוה soos die waters die see oordek.

15. Wee jou wat jou naaste laat drink, wat jou gif inmeng om hulle dronk te maak om sodoende na hulle naaktheid te kyk!

16. Jy sal met skande gevul word eerder as met lof en eer. Drink jy nou self en steier. Die beker in יהוה se regterhand sal by jou uitkom en skande sal jou eer en lof bedek,

17. want die geweld teen L’vanon sal jou oorweldig en die verwoesting van sy diere sal jou verskrik, as gevolg van die menslike bloedvergieting, die geweld van die land, van die stad en van al sy inwoners.

18. Watter voordeel het die afgod wanneer sy maker dit gekerf het? Die gegote beeld is ’n leraar van valsheid, want sy maker vertrou op sy eie handewerk wanneer hy stom afgode vorm.

19. Wee hom wat vir ’n stuk hout sê: ‘Word wakker!’ Vir ’n stom klip: ‘Staan op!’ Is dit jou leermeester? Let op, dit is oorgetrek met goud en silwer en daar is géén asem van watter aard daarin nie!

20. יהוה is egter in Sy afgesonderde tempel. Laat die hele aarde stil wees voor Hom.”

Lees volledige hoofstuk Havakkuk 2