Ou Testament

Nuwe Testament

Havakkuk 2:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek sal op my wagpos staan en myself op die skansmuur sit en ek sal wag hou om te sien wat Hy met my sal praat en hoe ek kan antwoord as ek berispe word.

2. Toe antwoord יהוה my en sê: “Skryf die visioen op en graveer dit op kliptablette sodat die een wat dit lees kan hardloop,

3. want die visioen is nog vir die vasgestelde tyd; dit spoed voort na die doel en sal nie faal nie. Alhoewel dit mag vertoef, wag daarvoor, want dit sal sekerlik kom en nie uitgestel word nie.Rom 1:17; Gal 3:11; Heb 10:38; Heb 11:1

4. Let op, wat die trotse betref, sy lewe is nie reg in hom nie, maar die regverdige sal deur sy vertroue leef.

5. Die arrogante en gierigaard word nooit bevredig nie, want hy vergroot sy eetlus soos Sh’ol en soos die dood, word hy nooit versadig nie. Hy vergader by homself al die volke en maak vir homself al die nasies bymekaar.

6. Sal hulle nie almal ’n spotlied en spreekwoord oor hom aanhef nie en sê: ‘Wee die man wat bymekaarmaak en vermeerder wat nie syne is nie; vir hoe lank sal hy homself oorlaai met aardse besittings?’

7. Let op, jou skuldeisers sal skielik opstaan en dié wat by jou invorder wakker maak. Inderdaad sal jy vir hulle buit word.

8. Omdat jy baie nasies besteel het, sal al die volke wat oorgebly het, as gevolg van die menslike bloedvergieting en die geweld wat teen die land gedoen is, teen die stad en al sy inwoners, jou besteel.

9. Wee hom wat vuil wins maak vir sy huis, om sy nes hoog te bou, om gered te word uit die hand van katastrofe.

10. Jy het ’n skandelike ding vir jou huis uitgewerk deur baie mense dood te maak; so het jy teen jouself gesondig.

11. Die steen sal sekerlik uitroep van die muur af en die balk sal dit antwoord vanaf die raamwerk.

12. Wee hom wat ’n stad bou met bloedvergieting en ’n dorp vestig deur geweld!

13. Is dit nie inderdaad vanafיהוה-Tzva’ot dat volke hard werk vir vuur en nasies hulle vermoei vir niks nie?

14. Die aarde sal vol word met die kennis van die lof en eer van יהוה soos die waters die see oordek.

Lees volledige hoofstuk Havakkuk 2