Ou Testament

Nuwe Testament

Havakkuk 1:13-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. U oë is te rein om boosheid goed te keur en U kan nie met aanvaarding kyk na boosheid nie. Waarom kyk U met aanvaarding na hulle wat verraderlik optree? Hoekom is U stil wanneer die bose dié verslind wat regverdiger is as hulle?

14. Hoekom maak U mense soos die visse van die see, soos kruipende gediertes sonder ’n heerser oor hulle?

15. Hulle trek hulle almal op met ’n hoek, sleep hulle weg in hul net en maak hulle bymekaar in hul visnet; daarom swaai hulle in die rondte van vreugde en is bly;

16. daarom offer hulle ’n offer aan hul net en brand wierook vir hul visnet omdat hulle vangs groot is deur hierdie dinge en hulle kos oorvloedig.

17. Sal hulle daarom hul net uitskud en voortdurend nasies doodmaak sonder om te spaar?

Lees volledige hoofstuk Havakkuk 1