Ou Testament

Nuwe Testament

Hagai 2:9-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. ‘Die latere lof en eer van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre,’ sê יהוה-Tzva’ot; ‘en in hierdie plek sal Ek vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid gee,’ sê יהוה-Tzva’ot.”

10. Op die vier en twintigste van die negende maand in die tweede jaar van Daryavesh, het die boodskap van יהוה gekom tot Haggai, die profeet en gesê:

11. “So sê יהוה-Tzva’ot: “Vra nou die priesters vir ’n uitspraak:

12. ‘As iemand afgesonderde vleis in die vou van sy kleed dra en hy sou aan brood of iets wat gekook is, of wyn of olie of watter spys ook al, raak met sy vou, sal dit afgesonderd word?’” Die priesters het geantwoord: “Nee.”

13. Toe sê Haggai: “As iemand wat deur ’n lyk onrein is, aan al hierdie dinge sou raak, sal dit onrein wees?” Die priesters het geantwoord: “Dit sal onrein word.”

14. Toe antwoord Haggai: “’Só is hierdie volk en só is hierdie nasie in My Teenwoordigheid,’ verklaar יהוה, ‘en só is elke werk van hulle hande en wat hulle dáár offer, onrein.

15. Beoordeel egter nou van hierdie dag af terug: voordat ’n steen op ’n ander gelê is in die tempel van יהוה,

16. vanaf daardie tyd, wanneer iemand by ’n koringmied van twintig maat gekom het, was daar net tien; wanneer hy by die parskuip gekom het om vyftig mates te skep, was daar net twintig.

17. Ek het julle en al die werk van julle hande swaar getref met stormende winde, muf en hael; nogtans het julle nie na My toe gekom nie,’ verklaar יהוה.

18. ‘Gee vanaf die vier en twintigste dag van die negende maand, van hierdie dag af aandag; vanaf die dag dat die tempel van יהוה opgestel is, oorweeg dit.

19. Oorweeg dit, want daar is geen saad in die skuur nie en die wingerdstok, die vyeboom tot nou toe, die granaatboom en die olyfboom, het niks opgelewer nie. Nogtans, van hierdie dag af aan sal Ek hulle seën,’ sê יהוה”

20. Toe het die boodskap van יהוה vir die tweede keer tot Haggai gekom op die vier en twintigste van die maand en gesê:Mar 13:25; Luk 21:26

21. “Praat met Z’rubavel, goewerneur van Y’hudah en sê: “Ek gaan die hemel en die aarde skud.

22. Ek sal die trone van koninkryke omverwerp en die krag van die koninkryke van die nasies vernietig en Ek sal die strydwaens en die wat daarop ry, omverwerp en die perde en hulle ruiters sal val, die een deur die swaard van die ander.’

Lees volledige hoofstuk Hagai 2