Ou Testament

Nuwe Testament

Hagai 2:7-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Ek sal al die nasies skud en hulle sal kom met die skatte van al die nasies en Ek sal hierdie huis met lof en eer vol maak,’ sê יהוה-Tzva’ot.

8. ‘Die silwer en die goud is Myne,’ verklaar יהוה-Tzva’ot.

9. ‘Die latere lof en eer van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre,’ sê יהוה-Tzva’ot; ‘en in hierdie plek sal Ek vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid gee,’ sê יהוה-Tzva’ot.”

10. Op die vier en twintigste van die negende maand in die tweede jaar van Daryavesh, het die boodskap van יהוה gekom tot Haggai, die profeet en gesê:

11. “So sê יהוה-Tzva’ot: “Vra nou die priesters vir ’n uitspraak:

Lees volledige hoofstuk Hagai 2