Ou Testament

Nuwe Testament

Hagai 2:2-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. “Praat nou met Z’rubavel, die seun van Sh’alti’el, goewerneur van Y’hudah en met Y’hoshua, die seun van Y’hotzadak, die hoofpriester en met die wat oorgebly het van die volk en sê:

3. ‘Wie is oor onder julle wat hierdie huis in sy vroeëre lof en eer gesien het? Hoedanig sien julle dit nou? Lyk dit nie vir julle soos niks in vergelyking nie?

4. Nou dan, skep moed Z’rubavel,’ verklaar יהוה’ en skep moed Y’hoshua, die seun van Y’hotzadak, die hoofpriester en skep moed al julle mense van die land,’ verklaar יהוה, ‘en werk, want Ek is by julle,’ verklaar יהוה-Tzva’ot.

5. ‘Wat die belofte betref wat Ek gemaak het toe julle uit Mitzrayim uit gekom het, My Gees bly tussen julle; moenie bang wees nie!’Mat 24:29; Mar 13:25; Luk 21:26; Heb 12:26

6. Want so sê יהוה-Tzva’ot: “Weer ’n keer, oor ’n kort rukkie, gaan Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond skud.

7. Ek sal al die nasies skud en hulle sal kom met die skatte van al die nasies en Ek sal hierdie huis met lof en eer vol maak,’ sê יהוה-Tzva’ot.

8. ‘Die silwer en die goud is Myne,’ verklaar יהוה-Tzva’ot.

Lees volledige hoofstuk Hagai 2