Ou Testament

Nuwe Testament

Hagai 2:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Op die een en twintigste van die sewende maand het die boodskap van יהוה deur die profeet Haggai gekom en gesê:

2. “Praat nou met Z’rubavel, die seun van Sh’alti’el, goewerneur van Y’hudah en met Y’hoshua, die seun van Y’hotzadak, die hoofpriester en met die wat oorgebly het van die volk en sê:

3. ‘Wie is oor onder julle wat hierdie huis in sy vroeëre lof en eer gesien het? Hoedanig sien julle dit nou? Lyk dit nie vir julle soos niks in vergelyking nie?

4. Nou dan, skep moed Z’rubavel,’ verklaar יהוה’ en skep moed Y’hoshua, die seun van Y’hotzadak, die hoofpriester en skep moed al julle mense van die land,’ verklaar יהוה, ‘en werk, want Ek is by julle,’ verklaar יהוה-Tzva’ot.

Lees volledige hoofstuk Hagai 2