Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 9:4-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Net die vleis met die lewe, dit is, sy bloed, mag julle nie eet nie.Lev 3:17;7:26;17:14; Deut 12:23

5. Sekerlik sal ek julle bloed, julle lewe, van julleself vra: van al die diere sal Ek dit vra. Ook van die mens, van mens teenoor mens, sal Ek die lewe van die mens vra.

6. Hy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word, want God het die mens na Sy beeld gemaak.

7. Wees julle vrugbaar en vermeerder; bring oorvloedig voort op die aarde en vermeerder daarop.”

8. God het met Noag en sy seuns by hom gepraat en gesê:

9. “Ek, let op, Ek sluit My verbond met julle en met julle nageslag ná julle

10. en met al die lewende wesens wat by julle is: die voëls, die vee en al die lewende diere van die aarde by julle; alles wat uit die ark uitgegaan het; al die diere van die aarde.

11. Ek sal My verbond met julle vasmaak: nooit weer sal alle vlees deur die water van ’n vloed uitgewis word nie en daar sal nooit weer ’n vloed wees wat die aarde vernietig nie.”

12. God het vir Noag gesê: “Dit is die teken van die verbond wat Ek tussen My en julle en al die lewende wesens wat by julle is, sluit, vir ewige geslagte:

13. My boog het Ek in die wolke gegee; dit sal ’n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.

Lees volledige hoofstuk Genesis 9