Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 9:12-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. God het vir Noag gesê: “Dit is die teken van die verbond wat Ek tussen My en julle en al die lewende wesens wat by julle is, sluit, vir ewige geslagte:

13. My boog het Ek in die wolke gegee; dit sal ’n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.

14. As Ek dan ’n wolk oor die aarde bring en hierdie boog verskyn in die wolk,

15. dan sal Ek dink aan My verbond wat daar tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees, is en die water sal nooit weer ’n vloed word om alle vlees te vernietig nie.

16. Die boog sal in die wolk wees en Ek sal dit sien om te onthou van die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens, in alle vlees, wat op die aarde is.”

17. God het vir Noag gesê: “Dit is die teken van die verbond wat Ek gesluit het tussen My en alle vlees wat op die aarde is.”

18. Die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was Shem, Gam en Yefet en Gam was die vader van Kena’an.

19. Hierdie drie was die seuns van Noag en vanaf hulle het hulle versprei oor die hele aarde.

Lees volledige hoofstuk Genesis 9