Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 9:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. God het Noag en sy seuns geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar en vermeerder en hervul die aarde.

2. Die vrees en die skrik vir julle sal oor al die lewende dinge van die aarde en al die voëls van die hemel wees; alles wat op die aarde beweeg en al die visse van die see. Hulle is in julle hand gegee.

3. Alles wat beweeg en lewe, sal julle kos wees. Net soos die groen plante gegee is, gee Ek dit alles vir julle.

4. Net die vleis met die lewe, dit is, sy bloed, mag julle nie eet nie.Lev 3:17;7:26;17:14; Deut 12:23

5. Sekerlik sal ek julle bloed, julle lewe, van julleself vra: van al die diere sal Ek dit vra. Ook van die mens, van mens teenoor mens, sal Ek die lewe van die mens vra.

6. Hy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word, want God het die mens na Sy beeld gemaak.

7. Wees julle vrugbaar en vermeerder; bring oorvloedig voort op die aarde en vermeerder daarop.”

8. God het met Noag en sy seuns by hom gepraat en gesê:

Lees volledige hoofstuk Genesis 9