Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 7:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het vir Noag gesê: “Kom in die ark in, jy en jou hele huisgesin, want Ek het gesien dat jy, in hierdie geslag, alleen onskuldig en opreg is voor My.

2. Van al die rein diere moet jy vir jou sewe mannetjies en sewe wyfies vat, maar van die diere wat nie rein is nie, twee; die mannetjie en sy wyfie.

3. Net so ook sewe mannetjies en sewe wyfies van die rein voëls van die hemel, om hulle saad aan die lewe te hou op die aarde,

4. want oor nog sewe dae sal Ek dit laat reën op die aarde vir veertig dae en veertig nagte en al die lewende wesens, wat Ek gemaak het, van die oppervlak van die aarde af, vernietig.”

5. Noag het alles gedoen wat יהוה hom beveel het.

6. Noag was ses honderd jaar oud toe die watervloed oor die aarde gekom het.

7. Noag, sy seuns, sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom, het in die ark ingegaan voor die waters van die vloed.

8. Vanuit die rein diere, vanuit die diere wat nie rein is nie, vanuit die voëls en vanuit alles wat op die aarde kruip,

9. het daar pare saam met Noag in die ark ingegaan, ’n mannetjie en ’n wyfie, soos God vir Noag beveel het.

10. Dit het gebeur dat ná sewe dae die waters van die vloed oor die aarde gekom het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 7