Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 50:19-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Yosef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie, want ek is ’n dienskneg van God.

20. Wat júlle betref: julle het wel boosheid teen my bedink, maar God het dit ten goede beplan om te doen soos dit vandag is, om baie mense te red tot die lewe.

21. Wees daarom nou nie bang nie: ék sal vir julle en julle kinders sorg.” So het hy hulle dan getroos en met hulle binneste gepraat.

22. Yosef het in Mitzrayim gebly, hy en die huis van sy vader. Yosef het honderd en tien jaar geleef.

23. Yosef het van Efrayim seuns gesien tot in die derde geslag. Ook die kinders van Makhir, die seun van M’nasheh, is op Yosef se knieë gebore.

24. Yosef sê aan sy broers: “Ek is sterwend, maar God sal julle onthou en julle hier uitbring na die land wat Hy aan Avraham, Yitz’gak en Ya’akov met ’n eed beloof het.”

25. Yosef het die seuns van Yisra’el laat sweer en gesê: “God sal julle onthou om julle te besoek en julle sal my bene opdra van hier.”

26. Yosef is dood, honderd en tien jaar oud en hulle het hom gebalsem en in ’n kis gesit in Mitzrayim.

Lees volledige hoofstuk Genesis 50