Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 50:17-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. ‘So moet julle vir Yosef sê: “Asseblief, ek smeek jou, vergewe tog die oortreding van jou broers en hulle sonde, want hulle het boosheid aan jou gedoen.” Nou, asseblief vergewe die oortreding van die diensknegte van die God van u vader.” Yosef het gehuil toe hulle met hom praat.

18. Sy broers het ook self gegaan en voor hom op hulle gesigte neergeval en gesê: “Let op, ons is u slawe.”

19. Yosef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie, want ek is ’n dienskneg van God.

20. Wat júlle betref: julle het wel boosheid teen my bedink, maar God het dit ten goede beplan om te doen soos dit vandag is, om baie mense te red tot die lewe.

21. Wees daarom nou nie bang nie: ék sal vir julle en julle kinders sorg.” So het hy hulle dan getroos en met hulle binneste gepraat.

22. Yosef het in Mitzrayim gebly, hy en die huis van sy vader. Yosef het honderd en tien jaar geleef.

23. Yosef het van Efrayim seuns gesien tot in die derde geslag. Ook die kinders van Makhir, die seun van M’nasheh, is op Yosef se knieë gebore.

24. Yosef sê aan sy broers: “Ek is sterwend, maar God sal julle onthou en julle hier uitbring na die land wat Hy aan Avraham, Yitz’gak en Ya’akov met ’n eed beloof het.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 50