Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 50:10-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Toe hulle by die dorsvloer van Atad kom, wat anderkant die Yarden lê, het hulle daar ’n groot en baie pynlike rouklag gehou. Hy het dat hulle sewe dae oor sy vader rou.

11. Toe die inwoners van die land, die Kena’aniete, die roubedryf by die dorsvloer van Atad sien, sê hulle: “Dit is ’n hartseer rou vir die Mitzrayiete.” Hulle het dit daarom Avel-Mizrayim genoem, wat aan die anderkant van die Yarden lê.

12. So het sy seuns vir hom gedoen net soos hy hulle beveel het:

13. sy seuns het hom weggebring na die land Kena’an en hom begrawe in die grot in die veld van Makhpelah, die stuk grond voor Mamre wat Avraham van `Efron, die Hettiet as eiendom vir ’n graf gekoop het.

14. Nadat hy sy vader begrawe het, het Yosef na Mitzrayim teruggegaan, hy en sy broers en almal wat saam met hom opgegaan het.

15. Toe die broers van Yosef sien dat hulle vader dood is, het hulle gesê: “Miskien sal Yosef ’n wrok teen ons hou en teruggaan en ons terugbetaal vir al die boosheid wat ons hom aangedoen het!”

16. Hulle stuur daarom ’n boodskapper na Yosef en sê: “Voordat u vader dood is, het hy bevel gegee met hierdie woorde:

17. ‘So moet julle vir Yosef sê: “Asseblief, ek smeek jou, vergewe tog die oortreding van jou broers en hulle sonde, want hulle het boosheid aan jou gedoen.” Nou, asseblief vergewe die oortreding van die diensknegte van die God van u vader.” Yosef het gehuil toe hulle met hom praat.

18. Sy broers het ook self gegaan en voor hom op hulle gesigte neergeval en gesê: “Let op, ons is u slawe.”

19. Yosef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie, want ek is ’n dienskneg van God.

20. Wat júlle betref: julle het wel boosheid teen my bedink, maar God het dit ten goede beplan om te doen soos dit vandag is, om baie mense te red tot die lewe.

21. Wees daarom nou nie bang nie: ék sal vir julle en julle kinders sorg.” So het hy hulle dan getroos en met hulle binneste gepraat.

22. Yosef het in Mitzrayim gebly, hy en die huis van sy vader. Yosef het honderd en tien jaar geleef.

Lees volledige hoofstuk Genesis 50