Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 5:4-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Die dae van Adam, ná die geboorte van Shet, was agt honderd jaar en hy het seuns en dogters gehad.

5. Al die dae van Adam, wat hy geleef het, was nege honderd en dertig jaar en hy is dood.

6. Toe Shet honderd en vyf jaar oud was, het hy die vader van Enosh geword.

7. Shet het ná die geboorte van Enosh nog agt honderd en sewe jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

8. Al die dae van Shet was nege honderd en twaalf jaar en hy is dood.

9. Toe Enosh negentig jaar oud was, het hy die vader van Kenan geword.

10. Enosh het ná die geboorte van Kenan nog agt honderd en vyftien jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

11. Al die dae van Enosh was nege honderd en vyf jaar en hy is dood.

12. Toe Kenan sewentig jaar oud was, het hy die vader van Mahalal’el geword.

13. Kenan het ná die geboorte van Mahalal’el nog agt honderd en veertig jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

14. Al die dae van Kenan was nege honderd en tien jaar en hy is dood.

15. Toe Mahalal’el vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Yered geword.

16. Mahalal’el het ná die geboorte van Yered nog agt honderd en dertig jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

17. Al die dae van Mahalal’el was agt honderd vyf en negentig jaar en hy is dood.

18. Toe Yered honderd twee en sestig jaar oud was, het hy die vader van Hanokh geword.

19. Yered het ná die geboorte van Hanokh nog agt honderd jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

20. Al die dae van Yered was nege honderd twee en sestig jaar en hy is dood.

Lees volledige hoofstuk Genesis 5