Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 49:6-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. My wil, emosie, verstand en gees het nie saamgestem met hulle raad nie; ek het my ook nie verlaag om in hulle vergadering te sit nie, want in hulle kwaadwees slaan hulle mans dood en in hulle woede vernietig hulle ’n stadsmuur.

7. Vervloek is hulle woede, want dit is heftig en hulle wraak, want dit is wreed. Ek sal hulle verdeel in Ya’akov en hulle verstrooi in Yisra’el.

8. Y’hudah, jy is die een; jou broers sal jou loof en dank met uitgestrekte hande. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.

9. Y’hudah is ’n jong leeu;Open 5:5 van die prooi af het jy opgegaan, my seun. Hy buig af, hy gaan lê soos ’n leeu en soos ’n leeuin; wie sal hom opjaag?

10. Die staf sal van Y’hudah nie weggaan nie, nóg die wetgewer van tussen sy voete uit totdat die Een kom aan Wie die septer behoort; aan Hom sal die nasies gehoorsaam wees.Yog 5:46

11. Hy maak sy donkie vas aan die wingerdstok en die vul van sy donkie aan die edelste wynstok; Hy bleik sy klere in wyn en sy kledingstukke in die sap van druiwe.

12. Sy oë skitter van wyn en sy tande is wit van melk.

13. Z’vulun sal woon by die seestrand en hy sal ’n hawe word vir die skepe, langs Tzidon.

14. Yissakhar is ’n sterk donkie wat lê tussen twee laste.

15. Hy het gesien dat die rusplek goed en die land lieflik is. Hy het sy skouer gebuig om ’n las te dra en hy het ’n slaaf geword van eerbewys.

16. Dan sal sy mense oordeel as ‘n stam van Yisra’el.

17. Dan sal ’n slang daar langs die pad wees, ’n adder op die pad, wat die perd aan die hakskene byt sodat sy ruiter agteroorval.

18. Op U verlossing wag ek, יהוה!

19. Gad sal uitgaan om te plunder en hy sal sy vyande se hakskene agtervolg.

20. Brood van Asher sal ryk wees en hy sal koninklike lekkernye voortbring.

21. Naftali is soos ’n wildsbok wat vrygelaat is, hy laat mooi woorde hoor.

Lees volledige hoofstuk Genesis 49