Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 49:26-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Die seëninge van jou vader het tot die uiterste grense van die ewige heuwels bly staan, bo die seëninge van my voorgeslag. Dit sal wees op die kop van Yosef; op die kroon van die kop van hom wat die prins is van sy broers.’

27. Binyamin is ’n verskeurende wolf; in die oggend eet hy sy prooi en in die aand deel hy buit uit.

28. Hierdie is al twaalf die stamme van Yisra’el en dit is wat hulle vader vir hulle gesê het. Hy het hulle geseën en hy het hulle elkeen volgens sy eie seën geseën.

29. Hy het hulle beveel en vir hulle gesê: “Ek word byeengebring by my mense. Begrawe my by my vaders in die grot wat in die veld van `Efron, die Hettiet, is;

30. in die grot wat in die veld van Makhpelah is, wat voor Mamre lê, in die land Kena’an; die veld wat Avraham van `Efron, die Hettiet, as eiendom vir ’n graf gekoop het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 49