Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 49:23-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Die boogskutters het met hom baklei en baie in getal was jaloers op hom,

24. maar hy het sy boog in krag gebuig en sy arms is versterk deur die hande van die Magtige Een van Ya’akov; deur die Herder, die Mag van Yisra’el:

25. ‘Mag die Magtige God van jou vader, jou help en die Almagtige jou seën met seëninge van die hemel daarbo, met seëninge van die diepte wat daaronder lê, met seëninge van borste en baarmoeder.

26. Die seëninge van jou vader het tot die uiterste grense van die ewige heuwels bly staan, bo die seëninge van my voorgeslag. Dit sal wees op die kop van Yosef; op die kroon van die kop van hom wat die prins is van sy broers.’

27. Binyamin is ’n verskeurende wolf; in die oggend eet hy sy prooi en in die aand deel hy buit uit.

28. Hierdie is al twaalf die stamme van Yisra’el en dit is wat hulle vader vir hulle gesê het. Hy het hulle geseën en hy het hulle elkeen volgens sy eie seën geseën.

29. Hy het hulle beveel en vir hulle gesê: “Ek word byeengebring by my mense. Begrawe my by my vaders in die grot wat in die veld van `Efron, die Hettiet, is;

30. in die grot wat in die veld van Makhpelah is, wat voor Mamre lê, in die land Kena’an; die veld wat Avraham van `Efron, die Hettiet, as eiendom vir ’n graf gekoop het.

31. Daar het hulle Avraham en Sarah, sy vrou, begrawe; daar het hulle Yitz’gak en Rivkah, sy vrou begrawe en daar het ek Le’ah begrawe;

32. die veld en die grot wat daarin is, wat gekoop is van die seuns van Het.”

33. Toe Ya’akov klaar bevele aan sy seuns gegee het, het hy sy voete teruggetrek op die bed en sy asem uitgeblaas en hy is by sy volksgenote byeengebring.

Lees volledige hoofstuk Genesis 49