Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 49:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ya’akov het sy seuns geroep en gesê: “Staan rondom dat ek julle kan vertel wat oor julle sal kom in die laaste dae.

2. Kom bymekaar en hoor, seuns van Ya’akov en luister na Yisra’el, julle vader!

3. Re’uven, jy is my eersgeborene, my krag en die begin van my sterkte; die uitstaande in verhewenheid en die uitstaande in sterkte!

4. Soos opbruisende waters sal jy nie vooruitgaan nie, want jy het opgegaan na jou vader se bed; waarlik, jy het my bed onteer deur op te gaan daarin.Gen 35:22

5. Shim’on en Levi is broers. Hulle wapens is implemente van geweld.

6. My wil, emosie, verstand en gees het nie saamgestem met hulle raad nie; ek het my ook nie verlaag om in hulle vergadering te sit nie, want in hulle kwaadwees slaan hulle mans dood en in hulle woede vernietig hulle ’n stadsmuur.

7. Vervloek is hulle woede, want dit is heftig en hulle wraak, want dit is wreed. Ek sal hulle verdeel in Ya’akov en hulle verstrooi in Yisra’el.

8. Y’hudah, jy is die een; jou broers sal jou loof en dank met uitgestrekte hande. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig.

Lees volledige hoofstuk Genesis 49