Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 48:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het gebeur ná hierdie dinge dat hulle vir Yosef gesê het: “Let op, u vader is siek.” Hy het sy twee seuns, M’nasheh en Efrayim, saam met hom gevat.

2. Ya’akov is vertel en gesê: “Kyk, u seun Yosef kom na u toe.” Yisra’el het sy krag bymekaargemaak en regop op die bed gaan sit.

3. Ya’akov het vir Yosef gesê: “El-Shaddai (Die Magtige God wat meer as genoeg is) het aan my verskyn by Luz, in die land Kena’an en my geseën

4. en vir my gesê: ‘Let op, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot ’n menigte van volke maak en Ek sal aan jou saad ná jou hiérdie land as ewige besitting gee.’

Lees volledige hoofstuk Genesis 48