Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 44:30-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. As ek daarom nou by u dienskneg, my vader, kom en die jongman is nie by ons nie terwyl sy lewe innig aan sy lewe vasgekleef is,

31. sal dit gebeur, as hy sien dat die jongman nie daar is nie, dat hy sal sterf en u diensknegte sal die grys hare van u dienskneg, ons vader, met smart in Sh’ol laat afgaan,

32. want u dienskneg het borg gestaan by my vader vir die jongman deurdat hy gesê het: ‘As ek hom nie na u toe terugbring nie, sal ek vir ewig die skuld teenoor my vader dra.’

33. Laat u dienskneg daarom nou asseblief in die plek van die jongman my meester se slaaf bly en laat die seun saam met sy broers opgaan,

34. want hoe kan ek na my vader opgaan as die jongman nie by my is nie sodat ek net nie die bose sien wat oor my vader sal kom nie?”

Lees volledige hoofstuk Genesis 44