Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 44:19-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. My meester het sy diensknegte gevra en gesê: ‘Het julle ’n vader of broer?’

20. Ons het my meester geantwoord: ‘Ons het ’n vader, ’n ou man en ’n seun uit sy hoë ouderdom, wat jonk is; sy broer is dood en hy het alleen oorgebly van sy moeder en sy vader het hom lief.’

21. U het aan u diensknegte gesê: ‘Bring hom af na my toe dat ek my oog op hom kan rig.’

22. Ons het my meester geantwoord: ‘Die jongman kan nie sy vader verlaat nie, want sy vader sal sterf as hy hom verlaat.’

23. U het egter aan u diensknegte gesê: ‘As julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, sal julle my gesig nie weer sien nie.’

24. Dit het gebeur dat, toe ons na u dienskneg, my vader, opgegaan het, ons aan hom die woorde van my meester vertel het.

25. Ons vader het gesê: ‘Gaan terug en koop vir ons ’n bietjie kos.’

26. Ons het gesê: ‘Ons kan nie afgaan nie. As ons jongste broer by ons is, dan sal ons afgaan, want ons mag die gesig van die man nie sien as ons jongste broer nie by ons is nie.’

27. U dienskneg, my vader, het aan ons gesê: ‘Júlle weet dat my vrou aan twee geboorte gegee het vir my;

28. die een het van my af weggegaan en ek het gesê: ‘Verskeur, verskeur!’ Ek het hom sedertdien nie gesien nie.

29. As julle nou hierdie een ook van my af wegvat en hy kom iets oor, dan sal julle my grys hare met smart na Sh’ol afvat.’

30. As ek daarom nou by u dienskneg, my vader, kom en die jongman is nie by ons nie terwyl sy lewe innig aan sy lewe vasgekleef is,

31. sal dit gebeur, as hy sien dat die jongman nie daar is nie, dat hy sal sterf en u diensknegte sal die grys hare van u dienskneg, ons vader, met smart in Sh’ol laat afgaan,

32. want u dienskneg het borg gestaan by my vader vir die jongman deurdat hy gesê het: ‘As ek hom nie na u toe terugbring nie, sal ek vir ewig die skuld teenoor my vader dra.’

Lees volledige hoofstuk Genesis 44