Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 42:4-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. maar Ya’akov het nie vir Binyamin, die broer van Yosef, saam met sy broers gestuur nie, want hy het gedink: sodat hy nie kan seerkry nie.

5. Die seuns van Yisra’el het gegaan om graan te koop saam met die ander wat afgegaan het, want daar was hongersnood in die land Kena’an.Hand 7:11

6. Yosef was meester oor die land, dit is hy wat aan al die mense van die land graan verkoop het. Yosef se broers het gekom en hulle voor hom neergebuig met hulle gesigte na die grond toe.

7. Yosef het sy broers gesien en hulle herken, maar het as vreemdeling teenoor hulle opgetree, hulle hard aangespreek en vir hulle gesê: “Vanwaar het julle gekom?” Hulle antwoord: “Vanaf die land Kena’an om kos te koop.”

8. Yosef het sy broers herken, maar hulle het hom nie herken nie.

9. Yosef het die drome onthou wat hy aangaande hulle gedroom het en hy sê vir hulle: “Julle is spioene, julle het gekom om die oopheid van die land te sien.”

10. Hulle het hom geantwoord: “Nee, my meester, maar u diensknegte het gekom om kos te koop.

11. Ons is almal seuns van een man, ons is eerlik; u diensknegte is nie spioene nie.”

12. Hy sê vir hulle: “Nee, maar julle het gekom om die oopheid van die land te sien.”

13. Hulle antwoord: “U diensknegte is twaalf broers, seuns van een man in die land Kena’an en kyk, die jongste is vandag by ons vader, maar die een is nie meer nie.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 42