Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 42:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Ya’akov sien dat daar graan in Mitzrayim was, het Ya’akov vir sy seuns gesê: “Hoekom kyk julle vir mekaar (is julle bang)?”

2. Hy sê: “Let op, ek het gehoor dat daar graan in Mitzrayim is; gaan daarheen af en koop vir ons graan daar sodat ons kan leef en nie sterf nie.

3. Yosef se tien broers het afgegaan na Mitzrayim om graan te koop,

4. maar Ya’akov het nie vir Binyamin, die broer van Yosef, saam met sy broers gestuur nie, want hy het gedink: sodat hy nie kan seerkry nie.

5. Die seuns van Yisra’el het gegaan om graan te koop saam met die ander wat afgegaan het, want daar was hongersnood in die land Kena’an.Hand 7:11

6. Yosef was meester oor die land, dit is hy wat aan al die mense van die land graan verkoop het. Yosef se broers het gekom en hulle voor hom neergebuig met hulle gesigte na die grond toe.

7. Yosef het sy broers gesien en hulle herken, maar het as vreemdeling teenoor hulle opgetree, hulle hard aangespreek en vir hulle gesê: “Vanwaar het julle gekom?” Hulle antwoord: “Vanaf die land Kena’an om kos te koop.”

8. Yosef het sy broers herken, maar hulle het hom nie herken nie.

9. Yosef het die drome onthou wat hy aangaande hulle gedroom het en hy sê vir hulle: “Julle is spioene, julle het gekom om die oopheid van die land te sien.”

10. Hulle het hom geantwoord: “Nee, my meester, maar u diensknegte het gekom om kos te koop.

11. Ons is almal seuns van een man, ons is eerlik; u diensknegte is nie spioene nie.”

12. Hy sê vir hulle: “Nee, maar julle het gekom om die oopheid van die land te sien.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 42