Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 41:43-55 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

43. en hom laat ry op sy tweede strydwa en hulle het voor hom uitgeroep: “Buig neer!” So het hy hom oor die hele land van Mitzrayim aangestel.

44. Farao sê vir Yosef: “Ek is Farao en sonder jou mag niemand sy hand of voet in die hele Mitzrayim oplig nie.”

45. Farao het Yosef Tzafnat-Pa’neag genoem en aan hom Asnat, die dogter van Poti-Fera, die priester van On, as vrou gegee. Yosef het uitgegaan oor die hele Mitzrayim.

46. Yosef was dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Mitzrayim, gestaan het en Yosef het van Farao af weggegaan en die hele Mitzrayim deurreis.

47. In die sewe jaar van oorvloed het die land by die handevol opgelewer.

48. Hy het al die kos van die sewe jaar wat in Mitzrayim gekom het bymekaar gemaak en kos in die stede gestoor; die kos van die land wat rondom elke stad was, het hy daarin gestoor.

49. Yosef het ’n baie groot hoeveelheid graan bymekaar gemaak; soos die sand van die see totdat hulle opgehou het om te tel, want dit was sonder getal.

50. Vir Yosef is twee seuns deur Asnat, die dogter van Poti-Fera, die priester van On, gebore voordat die jaar van hongersnood gekom het.

51. Yosef het die eersgeborene M’nasheh genoem, want, het hy gesê: “God het my al my harde werk en die hele huis van my vader laat vergeet.”

52. Die naam van die tweede het hy Efrayim genoem, want, het hy gesê: “God het my vrugbaar gemaak in die land van my onderdrukking.”

53. Die sewe jaar van oorvloed wat daar in Mitzrayim was, het geëindig

54. en die sewe jaar van hongersnood het begin kom soos Yosef gesê het en daar was hongersnood in al die lande, maar in die hele Mitzrayim was daar brood.Hand 7:11

55. Toe die hele Mitzrayim honger geword het en die volk na Farao geroep het om brood, sê Farao aan al die mense van Mitzrayim: “Gaan na Yosef, doen wat ook al hy sê.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 41