Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 41:37-48 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

37. Die boodskap was goed in die oë van Farao en van al sy diensknegte.

38. Farao het aan sy diensknegte gesê: “Kan ons iemand soos hierdie vind; ’n man in wie die Gees van God is?”Yog 14:17

39. Farao sê vir Yosef: “Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand so onderskeidend en wys soos jy nie.

40. Jy sal oor my huis wees en my hele volk sal regeer word volgens jou bevel; alleen aangaande die troon sal ek groter wees as jy.”

41. Farao het ook vir Yosef gesê: “Let op, ek het jou aangestel oor die hele land van Mitzrayim.”Hand 7:10

42. Farao trek sy seëlring van sy hand af en sit dit aan die hand van Yosef en hy het hom in fyn linne klere aangetrek en ’n goue ketting om sy nek gehang

43. en hom laat ry op sy tweede strydwa en hulle het voor hom uitgeroep: “Buig neer!” So het hy hom oor die hele land van Mitzrayim aangestel.

44. Farao sê vir Yosef: “Ek is Farao en sonder jou mag niemand sy hand of voet in die hele Mitzrayim oplig nie.”

45. Farao het Yosef Tzafnat-Pa’neag genoem en aan hom Asnat, die dogter van Poti-Fera, die priester van On, as vrou gegee. Yosef het uitgegaan oor die hele Mitzrayim.

46. Yosef was dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Mitzrayim, gestaan het en Yosef het van Farao af weggegaan en die hele Mitzrayim deurreis.

47. In die sewe jaar van oorvloed het die land by die handevol opgelewer.

48. Hy het al die kos van die sewe jaar wat in Mitzrayim gekom het bymekaar gemaak en kos in die stede gestoor; die kos van die land wat rondom elke stad was, het hy daarin gestoor.

Lees volledige hoofstuk Genesis 41