Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 41:32-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. Die droom is twee maal vir Farao herhaal omdat die saak deur God besluit is en God sal dit gou laat gebeur.

33. Laat Farao daarom soek na ’n onderskeidende en wyse man en hom aanstel oor die land van Mitzrayim.

34. Laat Farao so maak en opsigters oor die land aanstel om in die sewe jare van oorvloed ’n vyfde deel van die opbrengs van Mitzrayim bymekaar te maak

35. en hulle moet al die kos wat van hierdie goeie jare af inkom bymekaarmaak en onder leiding van Farao graan stoor as kos in die stede en dit bewaak.

36. Die kos sal ’n reserwe wees vir die land vir die sewe jare van hongersnood wat in Mitzrayim sal kom sodat die land nie deur die hongersnood vernietig sal word nie.”

37. Die boodskap was goed in die oë van Farao en van al sy diensknegte.

38. Farao het aan sy diensknegte gesê: “Kan ons iemand soos hierdie vind; ’n man in wie die Gees van God is?”Yog 14:17

39. Farao sê vir Yosef: “Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand so onderskeidend en wys soos jy nie.

Lees volledige hoofstuk Genesis 41