Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 41:2-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. en let op, daar kom sewe koeie uit die rivier uit op wat mooi is om na te kyk en vet van vleis was en hulle het gaan wei in die vleigras.

3. Let op, ná hulle kom daar nog sewe koeie uit die rivier uit op wat lelik was om na te kyk en maer van vleis was en hulle het by die ander koeie op die wal van die rivier gaan staan.

4. Die koeie wat lelik was om na te kyk en maer van vleis was, het die sewe koeie wat mooi was om na te kyk en vet was, opgeëet. Toe het Farao wakker geword.

5. Hy het weer aan die slaap geraak en nog ’n keer gedroom en let op: sewe vet en mooi are skiet op aan een steel

6. en let op, ná hulle spruit daar sewe are uit wat maer en deur die oostewind verskroei is.

7. Die maer are het die sewe vet en vol are verslind. Toe het Farao wakker geword en kyk, dit was ’n droom!

8. Dié oggend was sy gees omgekrap en hy het gestuur en al die astroloë en al die geleerde manne van Mitzrayim laat roep en Farao het aan hulle sy drome vertel, maar nie een kon dit aan Farao uitlê nie.

9. Toe het die hoof van die skinkers met Farao gepraat en gesê: “Ek onthou my oortredinge op hierdie dag.

10. Toe Farao kwaad was vir sy diensknegte en my in bewaring gesit het in die huis van die bevelvoerder van die lyfwag, vir my en die hoof van die bakkers,

Lees volledige hoofstuk Genesis 41