Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 40:15-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. want waarlik, ek is gesteel uit die land van die Hebreërs en ek het hier ook niks gedoen waarvoor hulle my in die tronk gesit het nie.”

16. Toe die voorman van die bakkers sien dat die uitleg gunstig was, sê hy vir Yosef: “Ek het ook in my droom drie mandjies met witbrood op my kop gesien

17. en in die boonste mandjie was allerhande gebakte eetgoed vir Farao en die voëls het dit uit die mandjie bo-op my kop afgepik.”

18. Yosef antwoord hom en sê: “Dit is die uitleg daarvan: die drie mandjies is drie dae.

19. Na drie dae sal Farao jou kop van jou af weglig en jou aan ’n paal ophang en die voëls sal jou vleis van jou afpik.

20. Op die derde dag, die verjaarsdag van Farao, het dit gebeur dat hy ’n maaltyd vir al sy diensknegte voorberei het en die kop van die hoof van die skinkers en die kop van die hoof van die bakkers tussen sy diensknegte opgelig het.

21. Hy het die hoof van die skinkers herstel in sy skinkersamp en hy het die beker in die hand van Farao gegee,

22. maar die hoof van die bakkers het hy opgehang soos Yosef dit aan hulle uitgelê het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 40