Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 40:11-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Die beker van Farao was in my hand en ek het die druiwe gevat, dit in die beker van Farao uitgedruk en die beker in die hand van Farao gesit.”

12. Yosef sê vir hom: “Dit is die uitleg daarvan: die drie ranke is drie dae.

13. Na drie dae sal Farao jou kop oplig en jou in jou plek herstel en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was.

14. Onthou my egter wanneer dit met jou goed gaan en bewys my asseblief ’n guns en praat van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit,

15. want waarlik, ek is gesteel uit die land van die Hebreërs en ek het hier ook niks gedoen waarvoor hulle my in die tronk gesit het nie.”

16. Toe die voorman van die bakkers sien dat die uitleg gunstig was, sê hy vir Yosef: “Ek het ook in my droom drie mandjies met witbrood op my kop gesien

17. en in die boonste mandjie was allerhande gebakte eetgoed vir Farao en die voëls het dit uit die mandjie bo-op my kop afgepik.”

18. Yosef antwoord hom en sê: “Dit is die uitleg daarvan: die drie mandjies is drie dae.

Lees volledige hoofstuk Genesis 40