Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 4:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Adam het ’n verbondsverhouding met sy vrou Havah gehad en sy het swanger geword en geboorte gegee aan Kayin en gesê: “Ek het ’n man gekry vanaf יהוה.”

2. Daarna het sy ook geboorte gegee aan sy broer Hevel. Hevel het ’n skaapwagter geword en Kayin ’n landbouer.

3. Ná ’n sekere tyd het Kayin ’n offer van die vrugte van die land aan יהוה gebring

4. en Hevel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring en van hulle vet. יהוה het Hevel en sy offer aanvaar,Lev 1-7; Heb 11:4

5. maar Kayin en sy offer nie aanvaar nie en Kayin het baie kwaad geword en sy gesig laat val.

6. יהוה sê vir Kayin: “Waarom is jy kwaad en waarom het jou gesig geval?

7. Is daar nie aanvaarding as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie, sit die sonde en wag by die deur en sy begeerte is na jou, maar jy moet daaroor heers.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 4