Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 39:7-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Dit het gebeur dat ná hierdie dinge die vrou van sy meester haar oë na Yosef opgeslaan en gesê het: “Kom lê by my.”

8. Hy het egter geweier en aan die vrou van sy meester gesê: “Let op, my meester neem geen kennis van wat in die huis is nie en alles wat syne is, het hy in my hand oorgegee.

9. Daar is niemand in hierdie huis groter as ek nie en hy het van my niks teruggehou nie, behalwe u omdat u sy vrou is; hoe kan ek hierdie groot boosheid doen en sondig teen God?”

10. Dit het gebeur nadat sy dag ná dag met Yosef gepraat het en hy nie na haar wou luister om by haar te lê of om by haar te wees nie,

11. hy eendag in die huis gekom het om sy werk te doen terwyl niemand van die mans van die huis binne was nie

12. en sy hom aan sy kleed gegryp en gesê het: “Kom lê by my.” Hy het egter sy kleed in haar hand laat agterbly en weggevlug en na buite gegaan.

13. Toe dit gebeur dat sy sien dat hy sy kleed in haar hand laat bly en buitentoe gevlug het,

14. roep sy na die mans van die huis en sê vir hulle: “Let op, hy het vir ons ’n Hebreër hier gebring om met ons te spot; hy het na my toe gekom om by my te lê en ek het hard geskree

15. en dit het gebeur dat toe hy hoor dat ek my stem verhef en skree, hy sy kleed by my laat agterbly en weggevlug en na buite gegaan het.”

16. So het sy sy kleed by haar gehou totdat sy meester huis toe gekom het.

17. Sy het dieselfde woorde met hom gepraat en gesê: “Die Hebreeuse kneg wat jy vir ons gebring het, het na my toe gekom om met my te spot

18. en dit het gebeur dat toe ek my stem verhef en skree, hy sy kleed by my laat agterbly en na buite gevlug het.”

19. Toe sy meester die woorde hoor waarmee sy vrou met hom praat: ‘So en so het jou slaaf aan my gedoen’, het hy baie kwaad geword

Lees volledige hoofstuk Genesis 39