Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 39:3-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Toe sy meester sien dat יהוה met hom was en dat יהוה alles wat hy doen, in sy hand voorspoedig maak,Hand 7:9

4. het Yosef guns in sy oë gevind en hom gedien. Hy het hom aangestel oor sy hele huis en alles wat in sy besit was, aan sy hand toevertrou.

5. Vandat hy hom aangestel het oor sy huis en oor alles wat in sy besit was, het dit gebeur dat יהוה die huis van die Mitzrayiet geseën het ter wille van Yosef; die seën van יהוה was op alles wat syne was, in die huis en op die veld.

6. Hy het alles wat syne was, in Yosef se hand gelos en hy was nie bewus van wat hy besit het nie behalwe net van die brood wat hy geëet het. Yosef het ’n mooi figuur gehad en was aantreklik om na te kyk.

7. Dit het gebeur dat ná hierdie dinge die vrou van sy meester haar oë na Yosef opgeslaan en gesê het: “Kom lê by my.”

8. Hy het egter geweier en aan die vrou van sy meester gesê: “Let op, my meester neem geen kennis van wat in die huis is nie en alles wat syne is, het hy in my hand oorgegee.

9. Daar is niemand in hierdie huis groter as ek nie en hy het van my niks teruggehou nie, behalwe u omdat u sy vrou is; hoe kan ek hierdie groot boosheid doen en sondig teen God?”

10. Dit het gebeur nadat sy dag ná dag met Yosef gepraat het en hy nie na haar wou luister om by haar te lê of om by haar te wees nie,

11. hy eendag in die huis gekom het om sy werk te doen terwyl niemand van die mans van die huis binne was nie

12. en sy hom aan sy kleed gegryp en gesê het: “Kom lê by my.” Hy het egter sy kleed in haar hand laat agterbly en weggevlug en na buite gegaan.

13. Toe dit gebeur dat sy sien dat hy sy kleed in haar hand laat bly en buitentoe gevlug het,

14. roep sy na die mans van die huis en sê vir hulle: “Let op, hy het vir ons ’n Hebreër hier gebring om met ons te spot; hy het na my toe gekom om by my te lê en ek het hard geskree

Lees volledige hoofstuk Genesis 39