Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 39:15-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. en dit het gebeur dat toe hy hoor dat ek my stem verhef en skree, hy sy kleed by my laat agterbly en weggevlug en na buite gegaan het.”

16. So het sy sy kleed by haar gehou totdat sy meester huis toe gekom het.

17. Sy het dieselfde woorde met hom gepraat en gesê: “Die Hebreeuse kneg wat jy vir ons gebring het, het na my toe gekom om met my te spot

18. en dit het gebeur dat toe ek my stem verhef en skree, hy sy kleed by my laat agterbly en na buite gevlug het.”

19. Toe sy meester die woorde hoor waarmee sy vrou met hom praat: ‘So en so het jou slaaf aan my gedoen’, het hy baie kwaad geword

20. en Yosef se meester het hom gevat en hom in die tronk gesit op die plek waar die die koning se gevangenes opgesluit is en hy was daar in die tronk.

21. יהוה was egter by Yosef en Hy het met omgee na hom toe afgebuk en hom guns gegee in die oë van die bevelvoerder van die tronk.

22. Die bevelvoerder van die tronk het almal wat in die gevangenis opgesluit was, in Yosef se hand oorgegee en alles wat hulle daar gedoen het, was sy werk.

23. Die bevelvoerder van die tronk het glad nie toesig gehou oor iets wat aan hom toevertrou is nie omdat יהוה met hom was en wat hy ook al doen, het יהוה voorspoedig gemaak.Ps 1:3

Lees volledige hoofstuk Genesis 39