Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 37:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ya’akov het gebly in die land waar sy vader ’n besoeker was, in die land Kena’an.

2. Hierdie is die geskiedenis van Ya’akov. Yosef, ’n jongman van sewentien jaar oud, het die kleinvee opgepas saam met sy broers; saam met die seuns van Bilhah en die seuns van Zilpah, die vroue van sy vader. Yosef het bose dinge geskinder oor hulle by sy vader.

3. Yisra’el het Yosef meer liefgehad as al sy seuns, want hy was vir hom die seun van hoë ouderdom en hy het vir hom ’n lang kleed gemaak met lang moue.

4. Toe sy broers egter sien dat hulle vader hom meer as al sy broers liefhet, het hulle hom gehaat en kon nie vredevol en vriendelik met hom praat nie.

5. Yosef het ook ’n droom gehad wat hy vir sy broers vertel het en hulle het hom nog meer gehaat.

6. Hy het vir hulle gesê: “Luister asseblief na hierdie droom wat ek gehad het.

7. Let op, ons was besig om gerwe te bind op die land toe my gerf meteens opstaan en regop bly staan terwyl julle gerwe reg rondom kom staan en hulle voor my gerf neerbuig.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 37