Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 36:17-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Hierdie is die seuns van Re’u’el, die seun van `Esav: die stamhoof Nagat, die stamhoof Zerag, die stamhoof Shammah, die stamhoof Mizah. Dit is die stamhoofde van Re’u’el in die land Edom. Hierdie was die seuns van Basmat, die vrou van `Esav.

18. Hierdie is die seuns van Oholivamah, die vrou van `Esav: die stamhoof Ye’ush, die stamhoof Ya’lam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholivamah, die dogter van `Anah, die vrou van `Esav.

19. Hierdie is die seuns van `Esav en dit is hulle stamhoofde. Dit is Edom.

20. Hierdie is die seuns van Se’ir, die Horiet, wat gebly het in die land: Lotan, Shoval, Tziv’on, `Anah,

21. Dishon, Etzer en Dishan. Hierdie is die stamhoofde van die Horiete, die seuns van Se’ir in die land Edom.

22. Die seuns van Lotan was Hori en Hemam en die suster van Lotan was Timnah.

23. Hierdie is die seuns van Shoval: `Alvan, Managat, `Eival, Sh’fo en Onam.

24. Hierdie is die seuns van Tziv’on: Ayah en `Anah. Dit is dié `Anah wat die warm fonteine in die wildernis gekry het toe hy sy vader Tziv’on se donkies opgepas het.

25. Hierdie is `Anah se seun: Dishon en Oholivamah was `Anah se dogter.

26. Hierdie is die seuns van Dishon: Hemdan, Eshban, Yitran en K’ran.

27. Hierdie is die seuns van Etzer: Bilhan, Za’avan en `Akan.

28. Hierdie is die seuns van Dishan: `Utz en Aran.

29. Hierdie is die stamhoofde van die Horiete: die stamhoof Lotan, die stamhoof Shoval, die stamhoof Tziv’on, die stamhoof `Anah,

30. die stamhoof Dishon, die stamhoof Etzer, die stamhoof Dishan. Dit is die stamhoofde van die Horiete volgens hulle stamme in die land Se’ir.

Lees volledige hoofstuk Genesis 36