Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 36:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Die seuns van Élifaz was: Teman, Omar, Tzefo, Ga’tam en K’naz.

12. Timnah was ’n byvrou van Élifaz, die seun van `Esav en sy het vir Élifaz geboorte gegee aan `Amalek. Hierdie is die seuns van `Adah, die vrou van `Esav.Deut 25: 17-19

13. Hierdie is die seuns van Re’u’el: Nagat, Zerag, Shammah en Mizah. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van `Esav.

14. Hierdie was die seuns van Oholivamah, die dogter van `Anah, die dogter van Tziv’on, die vrou van `Esav; sy het vir `Esav geboorte gegee aan Ye’ush, Ya’lam en Korag.

15. Hierdie is die stamhoofde onder die seuns van `Esav. Die seuns van Elifaz, die eersgeborene van `Esav, was: die stamhoof Teman, die stamhoof Omar, die stamhoof Tzefo, die stamhoof K’naz,

16. die stamhoof Korag, die stamhoof Ga’tam, die stamhoof `Amalek. Dit is die stamhoofde van Elifaz in die land Edom; dit is die seuns van `Adah.

17. Hierdie is die seuns van Re’u’el, die seun van `Esav: die stamhoof Nagat, die stamhoof Zerag, die stamhoof Shammah, die stamhoof Mizah. Dit is die stamhoofde van Re’u’el in die land Edom. Hierdie was die seuns van Basmat, die vrou van `Esav.

18. Hierdie is die seuns van Oholivamah, die vrou van `Esav: die stamhoof Ye’ush, die stamhoof Ya’lam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholivamah, die dogter van `Anah, die vrou van `Esav.

19. Hierdie is die seuns van `Esav en dit is hulle stamhoofde. Dit is Edom.

20. Hierdie is die seuns van Se’ir, die Horiet, wat gebly het in die land: Lotan, Shoval, Tziv’on, `Anah,

21. Dishon, Etzer en Dishan. Hierdie is die stamhoofde van die Horiete, die seuns van Se’ir in die land Edom.

Lees volledige hoofstuk Genesis 36