Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 31:15-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Word ons nie as vreemdelinge deur hom gesien nie? Hy het ons verkoop en ons geld opgeëet en verteer,

16. want al hierdie rykdom wat God van ons vader weggevat het, is ons en ons seuns s’n. Doen dan nou wat ook al God vir u gesê het om te doen.”

17. Toe staan Ya’akov op en laai sy kinders en sy vroue op die kamele

18. en hy voer al sy vee weg en al sy besittings wat hy bymekaar gemaak het, die vee wat syne was, wat hy in Paddan-Aram bymekaar gemaak het, om na sy vader Yitz’gak in die land Kena’an te gaan.

19. Lavan het gegaan om sy trop te skeer en Ragel het haar vader se familie-afgodsbeelde gesteel.

20. Ya’akov het Lavan, die Arameër, mislei deurdat hy weggesluip het sonder om hom te vertel dat hy wou weggaan.

21. So het hy dan weggegaan met alles wat hy besit het. Hy het opgestaan en oor die rivier gegaan en sy gesig gedraai na die gebergte van Gil’ad.

22. Op die derde dag is Lavan vertel dat Ya’akov gevlug het.

23. Hy het sy broers saam met hom gevat en hom vir sewe dae agternagejaag en hom ingehaal in die gebergte van Gil’ad.

24. God het na Lavan, die Arameër, in die nag gekom in ’n droom en vir hom gesê: “Pas op dat jy nie met Ya’akov goed of kwaad praat nie.”

25. Lavan het Ya’akov ingehaal. Ya’akov het al sy tent opgeslaan in die gebergte en Lavan, saam met sy broers, het in die gebergte van Gil’ad kamp opgeslaan.

26. Lavan sê vir Ya’akov: “Wat het jy gedoen dat jy skelm weggesluip het en my dogters soos krygsgevangenes weggevoer het?

Lees volledige hoofstuk Genesis 31