Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 3:10-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Hy antwoord: “Ek het U geroep gehoor in die tuin en was bang, want ek is kaal; daarom het ek weggekruip.”

11. Hy sê: “Wie het aan jou bekendgemaak dat jy kaal is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?”

12. Die mens antwoord: “Die vrou wat U gegee het om saam met my te wees, sy het vir my van die boom gegee en ek het geëet.”

13. יהוה-God sê vir die vrou: “Wat is hierdie wat jy gedoen het?” Die vrou antwoord: “Die slang het my mislei en ek het geëet.”

14. Toe sê יהוה-God aan die slang: “Omdat jy dit gedoen het, is jy meer as al die vee en al die diere van die veld vervloek. Jy moet op jou maag seil en jy moet stof eet al die dae van jou lewe.

15. Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou en tussen jou saad en haar Saad. Hy sal jou kop vertrap en jy sal Sy hakskeen byt.”Rom 16:20

16. Vir die vrou het Hy gesê: “Ek sal jou moeite en jou swangerskap baie vergroot. Met pyn sal jy geboorte gee aan kinders en na jou man sal jou begeerte wees en hy sal oor jou heers.”

17. Vir die mens het Hy gesê: “Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie; vervloek is die aarde om jou ontwil;Gen 5:29; Rom 5:12 met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.

18. Dit sal beide dorings en distels vir jou voortbring en jy sal die plante van die veld eet.

19. In die sweet van jou voorkop sal jy brood eet totdat jy teruggaan na die grond toe, want jy is daaruit gehaal, want stof is jy en tot stof sal jy teruggaan.”Rom 5:12

20. Die mens (Adam) het sy vrou Havah genoem omdat sy moeder geword het van almal wat lewe.

21. יהוה-God het vir die mens en sy vrou klere van vel gemaak en hulle aangetrek.

22. יהוה-God het gesê: “Nou het die mens geword soos een van Ons deur goedheid en boosheid te ken.” Sodat hy nie sy hand uitsteek en ook van die ‘Boom van die Lewe’ neem, eet en lewe vir ewig nie,

23. het יהוה-God hom weggestuur uit die tuin van `Eden om die grond om te spit waaruit hy gehaal is.Gen 2:15

24. Só het Hy die mens uitgedrywe en gérubs aan die voorkant van die tuin van `Eden laat bly, met die vlammende swaard wat heen en weer draai, om wag te hou oor die pad na die ‘Boom van die Lewe’.Open 22:14

Lees volledige hoofstuk Genesis 3