Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 25:3-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Yokshan was die vader van Sh’va en D’dan en die seuns van D’dan was die Ashuriete, L’tushiete en L’umiete.

4. Die seuns van Midyan was: `Eifah, `Efer, Hanokh, Avida en Elda’ah. Hulle almal was seuns van K’turah.

5. Avraham het alles wat hy besit het aan Yitz’gak gegee,

6. maar aan die seuns van die byvroue van Avraham het Avraham geskenke gegee en terwyl hy nog lewe het hy hulle van sy seun Yitz’gak af ooswaarts laat wegtrek, na Kedem.

7. Hierdie is die dae van die lewensjare van Avraham wat hy geleef het: honderd vyf en sewentig jaar.

8. Avraham het die asem uitgeblaas en is dood in ’n goeie ouderdom, ’n ou man vol van jare en hy is by sy volksgenote versamel.

9. Sy seuns Yitz’gak en Yishma’el het hom begrawe in die grot van Makhpelah, in die veld van `Efron, die seun van Tzogar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê,

10. die veld wat Avraham van die seuns van Het gekoop het. Avraham is daar begrawe saam met sy vrou Sarah.

11. Ná die dood van Avraham het God sy seun Yitz’gak geseën en Yitz’gak het by Be’er-Lagai-Ro’i gebly.

12. Dit is die stamboom van Yishma’el, die seun van Avraham, wat vir Avraham by Hagar, die Mitzrayitiese slavin van Sarah, gebore is.

13. Dit is die name van die seuns van Yishma’el, hulle name volgens hulle geboorte: die eersgeborene van Yishma’el, N’vayot; dan Kedar, Adbe’el, Mivsam,

14. Mishma, Dumah, Massa,

15. Hadad, Teima, Y’tur, Nafish en Kedmah.

Lees volledige hoofstuk Genesis 25