Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 25:26-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. Daarna is sy broer gebore terwyl sy hand die hakskeen van `Esav vashou en hulle het hom Ya’akov genoem. Yitz’gak was sestig jaar oud by hulle geboorte.

27. Die seuns het opgegroei: `Esav was ’n ervare jagter, ’n man van die veld, maar Ya’akov was ’n sagte, vredevolle man wat in tente gebly het.

28. Yitz’gak het `Esav liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak, maar Rivkah het Ya’akov liefgehad.

29. Ya’akov het ’n kooksel voorberei en `Esav het moeg uit die veld gekom.

30. `Esav sê vir Ya’akov: “Laat my asseblief van die rooi goed afsluk, want ek is moeg.” Hulle het hom Edom genoem.

31. Ya’akov antwoord: “Verkoop vandag jou eersgeboortereg aan my.”

32. `Esav sê: “Let op, ek gaan dood en wat sal die eersgeboortereg dan vir my beteken?”

33. Ya’akov antwoord: “Sweer eers vir my” en hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Ya’akov verkoop.

34. Ya’akov het aan `Esav brood en die gekookte lensies gegee en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het `Esav sy eersgeboortereg geminag.

Lees volledige hoofstuk Genesis 25