Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 25:19-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Dit is die geskiedenis van Yitz’gak, die seun van Avraham: Avraham was die vader van Yitz’gak

20. en Yitz’gak was veertig jaar oud toe hy Rivkah, die dogter van B’tu’el, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Lavan, die Arameër, vir hom as vrou gevat het.

21. Yitz’gak het gebid tot יהוה namens sy vrou, want sy was onvrugbaar en יהוה het sy gebed verhoor sodat sy vrou Rivkah swanger geword het.

22. Die seuns het teen mekaar baklei binne-in haar. Toe sê sy: “As dit reg is so, hoekom leef ek?” Sy het gegaan om van יהוה te vra

23. en יהוה het haar geantwoord: “Twee nasies is in jou baarmoeder en twee volke sal geskei word vanuit jou liggaam en die een volk sal sterker wees as die ander volk en die oudste sal die jongste dien.”Rom 9:12

24. Let op, toe haar dae volledig was dat sy moes geboorte gee, was daar ’n tweeling in haar baarmoeder.

25. Die eerste een is gebore: rooi, soos ’n volledige kleed van hare en hulle het hom `Esav genoem.

26. Daarna is sy broer gebore terwyl sy hand die hakskeen van `Esav vashou en hulle het hom Ya’akov genoem. Yitz’gak was sestig jaar oud by hulle geboorte.

27. Die seuns het opgegroei: `Esav was ’n ervare jagter, ’n man van die veld, maar Ya’akov was ’n sagte, vredevolle man wat in tente gebly het.

28. Yitz’gak het `Esav liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak, maar Rivkah het Ya’akov liefgehad.

29. Ya’akov het ’n kooksel voorberei en `Esav het moeg uit die veld gekom.

30. `Esav sê vir Ya’akov: “Laat my asseblief van die rooi goed afsluk, want ek is moeg.” Hulle het hom Edom genoem.

31. Ya’akov antwoord: “Verkoop vandag jou eersgeboortereg aan my.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 25