Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 24:65-67 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

65. want sy het aan haar dienskneg gevra: “Watter man is dit wat ons in die veld tegemoet loop?” Die dienskneg antwoord: “Dit is my meester.” Toe neem sy ’n sluier en maak haarself toe.

66. Die dienskneg het vir Yitz’gak alles vertel wat hy gedoen het.

67. Yitz’gak het haar in die tent van sy moeder, Sarah, ingebring en Rivkah gevat en sy het sy vrou geword en hy het haar liefgehad. Só is Yitz’gak vertroos ná die dood van sy moeder.

Lees volledige hoofstuk Genesis 24