Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 24:55-66 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

55. Haar broer en haar moeder sê: “Laat die dogter ’n dag of tien by ons bly; daarna kan jy weggaan.”

56. Hy antwoord hulle: “Moet my nie ophou nie, aangesien יהוה my pad voorspoedig gemaak het; laat my gaan sodat ek na my meester kan gaan.”

57. Toe sê hulle: “Laat ons die dogter roep en haar self vra.”

58. Hulle het Rivkah geroep en haar gevra: “Wil jy saam met hierdie man gaan?” Sy antwoord: “Ja.”

59. Hulle het Rivkah, hulle suster en haar versorger saam met Avraham se dienskneg en sy manne weggestuur.

60. Hulle het Rivkah geseën en vir haar gesê: “Ons suster, mag jy die moeder van duisende van tien duisende word en mag jou nageslag die poorte van dié wat hulle haat in besit neem!”

61. Rivkah en haar diensmeisies het opgestaan en op die kamele weggery en die man gevolg. So het die dienskneg Rivkah saamgevat en weggegaan.

62. Yitz’gak het uit die rigting van Be’er-Lagai-Ro’i gekom, want hy het in die Negev gaan bly.

63. Yitz’gak het teen sonsondergang in die veld uitgegaan om te oordink en hy het sy oë opgeslaan en let op, daar kom kamele.

64. Rivkah het ook haar oë opgeslaan en Yitz’gak gesien en van haar kameel afgegly,

65. want sy het aan haar dienskneg gevra: “Watter man is dit wat ons in die veld tegemoet loop?” Die dienskneg antwoord: “Dit is my meester.” Toe neem sy ’n sluier en maak haarself toe.

66. Die dienskneg het vir Yitz’gak alles vertel wat hy gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 24