Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 24:54-62 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

54. Hulle het geëet en gedrink, hy en die manne wat by hom was en die nag oorgebly. Hy het die oggend vroeg opgestaan en gesê: “Stuur my weg na my meester!”

55. Haar broer en haar moeder sê: “Laat die dogter ’n dag of tien by ons bly; daarna kan jy weggaan.”

56. Hy antwoord hulle: “Moet my nie ophou nie, aangesien יהוה my pad voorspoedig gemaak het; laat my gaan sodat ek na my meester kan gaan.”

57. Toe sê hulle: “Laat ons die dogter roep en haar self vra.”

58. Hulle het Rivkah geroep en haar gevra: “Wil jy saam met hierdie man gaan?” Sy antwoord: “Ja.”

59. Hulle het Rivkah, hulle suster en haar versorger saam met Avraham se dienskneg en sy manne weggestuur.

60. Hulle het Rivkah geseën en vir haar gesê: “Ons suster, mag jy die moeder van duisende van tien duisende word en mag jou nageslag die poorte van dié wat hulle haat in besit neem!”

61. Rivkah en haar diensmeisies het opgestaan en op die kamele weggery en die man gevolg. So het die dienskneg Rivkah saamgevat en weggegaan.

62. Yitz’gak het uit die rigting van Be’er-Lagai-Ro’i gekom, want hy het in die Negev gaan bly.

Lees volledige hoofstuk Genesis 24