Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 24:48-57 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

48. en ek het my neergebuig en voor יהוה plat gaan lê en יהוה, die God van Avraham, my meester, geloof, wat my op die regte pad gelei het om die dogter van my meester se broer vir sy seun te gaan haal.

49. As julle nou omgee en waarheid aan my meester wil bewys, sê dit vir my of so nie, sê dít vir my sodat ek regs of links kan draai.”

50. Toe antwoord Lavan en B’tu’el en sê: “Hierdie saak kom vanuit יהוה. Ons kan niks kwaad of goed daarvan sê nie.

51. Let op, Rivkah staan voor jou, vat haar en gaan sodat sy ’n vrou kan wees vir die seun van jou meester, soos יהוה gesê het.”

52. Toe die dienskneg van Avraham hulle woorde hoor, het hy self voor יהוה gaan plat lê.

53. Daarna het die dienskneg artikels van silwer en van goud en klere uitgehaal en dit vir Rivkah gegee, asook kosbare geskenke aan haar broer en haar moeder.

54. Hulle het geëet en gedrink, hy en die manne wat by hom was en die nag oorgebly. Hy het die oggend vroeg opgestaan en gesê: “Stuur my weg na my meester!”

55. Haar broer en haar moeder sê: “Laat die dogter ’n dag of tien by ons bly; daarna kan jy weggaan.”

56. Hy antwoord hulle: “Moet my nie ophou nie, aangesien יהוה my pad voorspoedig gemaak het; laat my gaan sodat ek na my meester kan gaan.”

57. Toe sê hulle: “Laat ons die dogter roep en haar self vra.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 24