Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 24:43-53 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

43. let op, ek staan hier by die fontein. Laat dit nou asseblief gebeur: die maagd wat uitkom om te skep en aan wie ek sal sê: ‘Laat my tog ’n bietjie water uit jou kruik drink’

44. en wat my sal antwoord: ‘Drink u self en ek sal ook vir u kamele skep,’ sy is die vrou wat יהוה vir die seun van my meester aangestel het.’

45. Ek het nog nie klaar in my binneste gepraat nie of Rivkah het daar uitgekom met haar kruik op die skouer en na die fontein afgegaan en geskep en ek het vir haar gesê: ‘Laat my asseblief drink!’

46. Sy het dadelik haar kruik laat afsak en gesê: ‘Drink en ek sal u kamele ook laat drink’ en ek het gedrink en sy het ook die kamele laat drink.

47. Toe vra ek vir haar en sê: ‘Wie se dogter is jy?’ en sy antwoord: ‘Die dogter van B’tu’el, die seun van Nagor waaraan Milkah geboorte gegee het.’ Daarop het ek die ring aan haar neus gesit en die armbande aan haar hande

48. en ek het my neergebuig en voor יהוה plat gaan lê en יהוה, die God van Avraham, my meester, geloof, wat my op die regte pad gelei het om die dogter van my meester se broer vir sy seun te gaan haal.

49. As julle nou omgee en waarheid aan my meester wil bewys, sê dit vir my of so nie, sê dít vir my sodat ek regs of links kan draai.”

50. Toe antwoord Lavan en B’tu’el en sê: “Hierdie saak kom vanuit יהוה. Ons kan niks kwaad of goed daarvan sê nie.

51. Let op, Rivkah staan voor jou, vat haar en gaan sodat sy ’n vrou kan wees vir die seun van jou meester, soos יהוה gesê het.”

52. Toe die dienskneg van Avraham hulle woorde hoor, het hy self voor יהוה gaan plat lê.

53. Daarna het die dienskneg artikels van silwer en van goud en klere uitgehaal en dit vir Rivkah gegee, asook kosbare geskenke aan haar broer en haar moeder.

Lees volledige hoofstuk Genesis 24