Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 24:37-48 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

37. My meester het my laat sweer en gesê: ‘Jy moet vir my seun geen vrou neem uit die dogters van die Kena’aniete in wie se land ek bly nie,

38. maar jy moet gaan na die huis van my vader en na my familie en vir my seun ’n vrou gaan haal.’

39. Ek het toe vir my meester gesê: ‘Miskien sal die vrou my nie volg nie,’

40. maar hy het my geantwoord: ‘יהוה, voor Wie ek loop, sal Sy engel saam met jou stuur en Hy sal jou pad voorspoedig maak sodat jy vir my seun ’n vrou uit my familie en uit die huis van my vader kan gaan haal.

41. Jy sal vry wees van die eed aan my as jy by my familie kom en hulle haar nie aan jou wil gee nie; dan is jy vry van die eed aan my.’

42. Ek het toe vandag by die fontein gekom en gesê: ‘יהוה, God van Avraham, my meester, as U nou my pad waarop ek gaan, voorspoedig wil maak,

43. let op, ek staan hier by die fontein. Laat dit nou asseblief gebeur: die maagd wat uitkom om te skep en aan wie ek sal sê: ‘Laat my tog ’n bietjie water uit jou kruik drink’

44. en wat my sal antwoord: ‘Drink u self en ek sal ook vir u kamele skep,’ sy is die vrou wat יהוה vir die seun van my meester aangestel het.’

45. Ek het nog nie klaar in my binneste gepraat nie of Rivkah het daar uitgekom met haar kruik op die skouer en na die fontein afgegaan en geskep en ek het vir haar gesê: ‘Laat my asseblief drink!’

46. Sy het dadelik haar kruik laat afsak en gesê: ‘Drink en ek sal u kamele ook laat drink’ en ek het gedrink en sy het ook die kamele laat drink.

47. Toe vra ek vir haar en sê: ‘Wie se dogter is jy?’ en sy antwoord: ‘Die dogter van B’tu’el, die seun van Nagor waaraan Milkah geboorte gegee het.’ Daarop het ek die ring aan haar neus gesit en die armbande aan haar hande

48. en ek het my neergebuig en voor יהוה plat gaan lê en יהוה, die God van Avraham, my meester, geloof, wat my op die regte pad gelei het om die dogter van my meester se broer vir sy seun te gaan haal.

Lees volledige hoofstuk Genesis 24