Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 24:29-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. Rivkah het ’n broer gehad met die naam van Lavan en Lavan het uitgehardloop na die man buite by die fontein.

30. Dit het gebeur toe hy die ring en die armbande aan die hande van sy suster sien en die woorde van sy suster Rivkah hoor, naamlik: ‘So het die man met my gepraat,’ dat hy na die man gegaan het terwyl hy nog daar by die kamele by die fontein gestaan het

31. en gesê: “Kom in, geseënde van יהוה! Waarom staan jy buitekant? Ek het die huis voorberei en ook plek vir die kamele.”

32. Die man het in die huis ingekom; die kamele is afgesaal en strooi en voer gegee en water om sy voete te was en die voete van die manne wat by hom was.

33. Kos is voor hom neergesit om te eet, maar hy het gesê: “Ek sal nie eet voordat ek my saak gestel het nie.” Hy antwoord: “Praat.”

34. Hy het gesê: “Ek is die dienskneg van Avraham

35. en יהוה het my meester baie geseën sodat hy groot geword het en aan hom kleinvee, beeste, silwer, goud, slawe, slavinne, kamele en esels gegee.

36. Sarah, die vrou van my meester, het vir my meester geboorte gegee aan ’n seun nadat sy al oud was en hy het alles aan hom oorgegee wat hy besit.

37. My meester het my laat sweer en gesê: ‘Jy moet vir my seun geen vrou neem uit die dogters van die Kena’aniete in wie se land ek bly nie,

Lees volledige hoofstuk Genesis 24