Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 24:16-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Die jong vrou was baie mooi van aansien, ’n maagd, geen man het ’n intieme verhouding met haar gehad nie en sy het afgegaan na die fontein toe, haar kruik volgemaak en weer opgekom.

17. Die dienaar hardloop om haar te ontmoet en sê: “Laat my asseblief ’n bietjie water uit jou kruik drink.”

18. Sy antwoord: “Drink, my meester!” Toe laat sy vinnig haar kruik op haar hand afsak en gee vir hom om te drink.

19. Nadat sy hom genoeg laat drink het, sê sy: “Ek sal vir u kamele ook skep totdat hulle genoeg gedrink het.”

20. Sy het dadelik haar kruik in die drinkbak leeggemaak en weer na die put gehardloop om te skep en vir al sy kamele geskep.

21. Die man het haar stil aangekyk om te weet of יהוה sy pad voorspoedig gemaak het of nie.

22. Toe die kamele genoeg gedrink het, vat die man ’n goue ring, ’n half sikkel in gewig en twee armbande vir haar hande, tien sikkels goud in gewig

23. en hy sê: “Wie se dogter is jy? Vertel my asseblief. Is daar plek vir ons in die huis van jou vader om te oornag?”

24. Sy antwoord hom: “Ek is die dogter van B’tu’el, die seun van Milkah, wat vir Nagor gebore is.”

25. Sy sê ook vir hom: “Daar is ook genoeg strooi en voer by ons, asook plek om te oornag.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 24